Main Article Content
Adolescents' knowledge, beliefs and experiences regarding sexual practices: research
Abstract
Key Words: Sexual practice; Adolescents; Condom use; Safer sex practice; Risky sex practice
OPSOMMING
Ongewenste of onbeskermde swangerskappe en seksueel-oorgedraagde infeksies onder die jeug is die gevolg van onbeskermde seksuele gedrag. Die doel van hierdie kwalitatiewe studie was om dit wat adolessente beskou as veiliger of meer gewaagde seksuele praktyk, te verken en te beskryf en om tussen seksuele praktyke volgens geslag en seksuele ondervinding te onderskei. Nie-waarskynlikheids, doelgerigte steekproeftrekking is gebruik om ‘n steekproef te bekom wat bestaan het uit 12 vroulike en 15 manlike deelnemers, tussen 15 en 18 jaar oud. Die resultate het getoon dat adolessente by magte was om dit te identifiseer wat as veiliger en meer riskante seksuele gedrag beskou kan word. Dit terwyl die deelnemers hulle beleefde ondervinding van seksuele praktyke beskryf het, het dit duidelik geblyk dat hulle steeds riskante seksuele gedrag beoefen het. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat daar erkenning gegee moet word aan die feit dat jong mense seksuele wesens is. Die fokus van seksualiteitsonderrig behoort te verskuif van siektevoorkoming, na gedrag wat meer sosiaal-georiënteerd is en wat op gesondheidsverbetering gerig is soos om adolessente te onderrig aangaande seksuele ontwikkeling, seksuele gedrag en die moontlike negatiewe gevolge daarvan, seksuele misbruik, geslagsvraagstukke en magsverhoudings, en nie-seksuele maniere om liefde en toegeneentheid te toon.
Health SA Gesondheid Vol.9(3) 2004: 34-41