Main Article Content
Perceptions regarding the clinical accompaniment of student nurses in the Limpopo Province: research
Abstract
Key Words: Accompaniment; Clinical teaching / learning; Perceptions / expectations of clinical learning
OPSOMMING
‘n Kwantitatiewe, beskrywende, deursnitopname is gebruik om die persepsies van verpleegstudente, verpleegopvoedkundiges en eenheidstoesighouers oor verpleegstudente se kliniese begeleiding in the Limpopo Provinsie te identifiseer. Die navorsingsdoelwit was om vas te stel of die kliniese begeleiding van verpleegstudente in die Limpopo Provinsie voldoende was, al dan nie, soos waargeneem deur die studente self, asook deur die verpleegopvoedkundiges en eenheidstoesighouers. Die populasie vir die studie het alle tweede-, derde- en vierdejaar verpleegstudente asook alle verpleegopvoedkundiges van die universiteit en die kolleges, en alle eenheidstoesighouers van die onderskeie gesondheidsinrigtings binne die Limpopo Provinsie van die Republiek van Suid-Afrika (RSA) ingesluit . Eenvoudige ewekansige steekproefneming is gebruik ten einde te verseker dat elke verpleegstudent van elke verpleegkollege ‘n gelyke kans gehad het om gekies te word. Geen steekproewe is van universiteitstudente, verpleegopvoedkundiges of eenheidstoesighouers geneem nie, aangesien hierdie klein populasies in die geheel aan die studie deelgeneem het. Vraelys wat self ontwerp is, is benut om data in te samel. Die sig- en inhoudsgeldigheid is deur drie deskundiges op dié gebied aanvaar. Die “Statistical Package of Social Sciences (SPSS)” program is gebruik om die data te ontleed. Die navorsingsresultate toon aan dat verpleegstudente en verpleegopvoedkundiges op opvoedkundige uitkomste fokus, terwyl die eenheidstoesighouers op pasiëntsorguitkomste tydens kliniese begeleiding konsentreer. Beide verpleegstudente en eenheidstoesighouers het verwag dat verpleegopvoedkundiges studente in die kliniese situasies sou begelei, maar die meeste verpleegopvoedkundiges het nie kliniese begeleiding as een van hulle pligte beskou nie. Die kliniese begeleiding van verpleegstudente kan bevorder word indien verpleegopvoedkundiges beskikbaar sou wees in die kliniese eenhede en indien kommunikasie asook interpersoonlike verhoudings tussen alle kategorieë verpleegkundiges sou verbeter. Indiensopleiding kan ook help om dié ideaal te verwesenlik.
Health SA Gesondheid Vol.9(3) 2004: 15-27