Main Article Content
Neuropsychological outcomes of coronary artery bypass grafting: research
Abstract
Key words: Neuropsychological assessment; Cognitive domains; Coronary artery bypass grafting; Deficit measurement; Rehabilitation
OPSOMMING
Persone met ‘n koronêre hartsiekte is soms genoodsaak om ‘n hartomleiding (CABG), wat ‘n tydelike intervensie ter verligting is, te ondergaan. Daar is egter ‘n toenemende bewustheid dat die serebrale komplikasies en afname in neurosielkundige funksies, wat met die CABG-prosedure verband hou, betekenisvolle ongunstige uitkomste na die chirurgie het. ‘n Neurosielkundige toetsbattery, wat uit ses instrumente bestaan, en die “Beck Depression Inventory”, is gebruik om die neurosielkundige uitkomste by negentien persone te ondersoek wat elektiewe hartomleidingchirurgie by die Pretoria Akademiese Hospitaal ondergaan het. Verder is ook gepoog om vas te stel of neurosielkundige uitkomste met kwantitatiewe elektroënsefalografie (KEEG) korreleer. In hierdie studie is ‘n eengroep voor- en natoets kwasi-eksperimentele ontwerp gebruik. Daar is bevind dat 63% van die pasiënte wel kognitiewe verandering in verskeie neurosielkundige domeine ondergaan het. ‘n Groepgemiddelde ontleding het betekenisvolle agteruitgang op spesifieke take van die “Grooved Pegboard Test (GPT)”, die “Rey Auditory Verbal Learning Test (RAVLT)”, en die “Trail Making Test (TMT)” na die chirurgie bevind. Die verhouding tussen neurosielkundige prestasie en die KEEG-meting was nie betekenisvol nie. Die navorsing bevestig vorige bevindings met betrekking tot die agteruitgang in prestasie na die CABG-prosedure en beklemtoon die belangrikheid van sielkundige intervensie in die rehabilitasieproses.
Health SA Gesondheid Vol.9(3) 2004: 3-14