Main Article Content
Health workers' use of electronic information concerning children with specific communication needs: research
Abstract
In die Suid-Afrikaanse konteks is daar beperkte inligting oor jong kinders vir wie daar struikelblokke is in die verwerwing van luister-, taal- en leervaardighede. Gesondheidswerkers wat spesifiek betrokke is by die intervensie van bogenoemde kinders, soos mediese praktisyns, spraak-taalterapeute en oudioloรซ asook arbeidsterapeute, bevind hulself in (tm)n posisie waar hulle inligting aan ouers asook ander belanghebbendes, byvoorbeeld onderwysers en versorgers, kan oordra. Hierdie gesondheidswerkers het ook toegang tot en is aktiewe gebruikers van rekenaars en die Internet. Hulle kan dus daarby baat om relevante en resente inligting elektronies te ontvang. Die doel van hierdie studie was om hierdie groepe gesondheidswerkers se rekenaar- en Internetgebruik te bepaal asook om hulle inligtingsbehoeftes vas te stel. Die inligting wat hieruit verkry is, is gebruik om 'n webwerf met relevante inligting te ontwikkel.
Health SA Gesondheid Vol.9(2) 2004: 43-53