Main Article Content
Measuring health-related quality of life: a comparison between people living with AIDS and police on active duty: research
Abstract
Die styging in die getal VIGS-verwante sterftes in Suid-Afrika het gelei tot 'n toename in sosiaalwetenskaplike navorsing oor die persepsies en belewenisse van mense met VIGS, met die fokus op hul fisieke gesondheid en emosionele welsyn. Die doel van hierdie studie was om die lewenskwaliteit van twee groepe in Suid-Afrika te meet en met mekaar te vergelyk. Hierdie twee groepe het enersyds uit lede van die polisie in aktiewe diens, as voorbeeld van (tm)n gesonde populasie en andersyds uit mense met VIGS bestaan. Die SF-36-vraelys is as meetinstrument gebruik om die respondente se persepsies van hul gesondheidsverwante lewenskwaliteit te assesseer. Op grond van hierdie navorsing, wat op (tm)n vergelykende benadering berus het, is bevind dat mense met VIGS en lede van die polisiemag se onderskeie tellings op al agt SF-36-domeine (p < 0.05) beduidend verskil het. Die grootste verskil tussen die persepsies van die respondente met VIGS en diรฉ van lede van die polisiemag het op die emosionele rolbeperkingsdomein gelรช, gevolg deur die domeine van fisieke funksionering en liggaamlike pyn. Dit is dus noodsaaklik dat intervensieprogramme wat die welsyn van VIGS-lyers wil bevorder, meganismes moet inkorporeer wat ondersteuning in al agt lewenskwaliteitsdomeine bied.
Health SA Gesondheid Vol.9(2) 2004: 31-42