Main Article Content
Alternative therapies for the holistic care of the HIV / AIDS patient: overview
Abstract
Die holistiese verpleegsorg van individue met HIV / VIGS behels die bevordering van psigologiese en fisiologiese welsyn, sowel as die bevordering van sosio-kulturele verhoudings ten einde geestelike strewes te verwesenlik. HIV / VIGS is 'n komplekse siektetoestand wat komplekse holistiese verpleegsorg vereis. Die alopatiese behandeling van HIV / VIGS impliseer die gebruik van 'n biomediese benadering sowel as die toediening van hoogs aktiewe antiretrovirale terapie (HAART). HAART in isolasie toegedien, is nie volkome voordelig nie. Alternatiewe terapieë kan saam met HAART benut word. Die gebruik van alternatiewe terapieë stel verpleegkundiges in staat om holistiese verpleegsorg vir die HIV / VIGS-pasiënt aan te bied, aangesien dit tot die algehele welsyn van die HIV/ VIGS-pasiënt bydra. Alternatiewe terapieë wat gebruik kan word in die holistiese verpleegsorg van die HIV / VIGS-pasiënt sluit in psigologiese terapie, terapeutiese aanraking, voeding, vitamiene, minerale-en voedingsaanvullings, kruiemedikasie, Chinese medikasie, homeopatie, tradisionele medisyne, lewenstylverandering en geestelike welsyn. Hierdie artikel verskaf 'n oorsig van die alternatiewe terapieë wat benut kan word in die holistiese verpleegsorg van die HIV / VIGS-pasiënt.
(Health SA Gesondheid: interdisciplinary research journal: 2003 8(3): 37-46)