Main Article Content
A holistic group psychotherapeutic intervention for the treatment of irritable bowel syndrome and its comorbid depression and anxiety: research
Abstract
Die doel van die studie was om die effek van 'n holistiese korttermyn groepsintervensie op die behandeling van Prikkelbare Dermsindroom (PDS), met komorbiede depressie en angs, te bepaal. Die steekproef is uit 24 Suid-Afrikaanse vroue saamgestel wat gediagnoseer is met ernstige PDS. Verdermeer moes elke deelnemer geassosieerde matige tot ernstige depressie en angs hê. Die groepsontwerp was 'n pre-toets, post-toets-kontrolegroep-ontwerp waarin die eksperimentele groep (n = 12) 'n groepsintervensie ontvang het en die lede van die kontrolegroep (n = 12) geen intervensie ontvang het totdat die navorsing afgehandel was nie. Al die deelnemers het die Functional Bowel Disorder Severity Index en die Depressie- en Angssubskale van die Personality Assessment Inventory voltooi voor die aanvang van groepsterapie vir Groep 1 asook een maand later na voltooiing van die intervensie. Die effek van die intervensie is deur middel van vergelykende statistieke bepaal. Die bevindings dui aan dat holistiese korttermyngroepsintervensie aanleiding gee tot betekenisvolle verbetering in terme van depressie- en angstellings, maar dat die ernstigheid van PDS-simptome onveranderd bly. Dit word aanbeveel dat verdere navorsing aangevoer word om te bepaal of langer holistiese groepsterapie 'n groter impak het op die ernstigheid van PDS-simptome.
(Health SA Gesondheid: interdisciplinary research journal: 2002 7(2): 45-55)