Main Article Content
The role of management in promoting a motivational work setting for nurses: research
Abstract
Nurses have to play their own role in the attainment of their personal objectives.
Open acknowledgement of work performances of nurses is a priority.
Nurses require support and positive feedback that fosters a feeling of self worth.
Job descriptions should not prevent staff from moving beyond their core tasks.
Change is needed in creating a new organisational climate that favours remuneration.
Based on the findings of this research study, the researcher sets out to illuminate the aspects fundamentally involved in maintenance of a motivational working climate for nursing staff members.
Die gebruik van motiverings- en beloningstrategieë vir die bemagtiging van personeellede in hulle werksituasie is nodig. Vir motivering, om in 'n gesondheidsdiens plaas te vind, behoort strategieë op selfmotivering, uitbreiding en verryking van take, erkenning van werkverrigting van verpleegkundiges, belonings vir uitstaande dienslewering en konstruktiewe terugvoer van bestuurders aan verpleegkundiges, te fokus. 'n Beskrywende, eksploratiewe studie is uitgevoer wat die huidige motiveringstrategieë wat in bestuursituasies in gesondheidsdienste gebruik word, ondersoek. 'n Steekproef van 112 verpleegkundiges het 'n vraelys voltooi wat inligting aangaande die werknemer/gesondheidsdiens (organisatoriese kultuur, persoonlike waardes en verwagtinge), die direkte toesighouer van 'n personeellid (werksverhoudinge, interpersoonlike vaardighede) en selfkonsep voorsien het. Belangrike strategieë wat deur bestuurders gebruik behoort te word in die vestiging van 'n gemotiveerde klimaat vir personeel, word in 'n konseptuele raamwerk vasgelê. Hierdie raamwerk leen homself tot toekomstige beplanning van indiensopleiding vir verpleegpersoneel. Spesiale aandag sal aan die volgende bestuursbeginsels geskenk word:
Verpleegkundiges is self betrokke by die bereiking van hulle persoonlike doelwitte.
Openlike erkenning van werkprestasies van verpleegkundiges is 'n prioriteit.
Verpleegkundiges vereis ondersteuning en positiewe terugvoer wat 'n gevoel van selfwaarde bevorder.
Werkbeskrywings behoort personeel nie te verhoed om buite hul kerntake te beweeg nie.
Verandering is nodig in die skep van 'n nuwe organisatoriese omgewing wat beloning voorstaan.
Gebaseer op die bevindinge van hierdie navorsingstudie, poog die navorser om aspekte wat fundamenteel in die behoud van 'n motiverende werksklimaat vir verpleegpersoneellede is, uit te lig.
(Health SA Gesondheid: interdisciplinary research journal: 2002 7(2): 14-24)