Main Article Content
Evaluation of the effect of a computer-based teaching programme (CBTP) on knowledge, problem-solving and learning approach: research
Abstract
Eerstens word aandag gegee aan die effek van 'n rekenaargebaseerde onderrigprogram (RGOP) op studentverpleegkundiges se kennis, probleemoplossingsvaardighede en leerbenadering. Tweedens word die benutting van die RGOP deur respondente ondersoek. Hoogs beduidende tot beduidende statistiese verbetering in kennis het volgens die Wilcoxon se teken rangtoets, en nie-parametriese vertrouensintervalle vir al die groepe behalwe die kontrole groep (praktyk) voorgekom. Alhoewel statisties betekenisvolle verskille nie ten opsigte van probleemoplossing voorgekom het nie, het die respondente se punte op hulle posttoetse tog 'n verbetering getoon. In die praktyk is geen statisties beduidende verandering in respondente se leerbenadering na benutting van die RGOP gevind nie. Geringe verskille ten opsigte van die verskillende kategorieë van leerbenaderinge (betekenis, reproduksie, nie-akademies en strategies) is wel gevind. Die multimediarekenaarsentrum groep (MMS groep) het oor die algemeen meer as die praktykgroep van die RGOP gebruik gemaak. Die mediaan sessies was 3 (praktyk) en 12 (MMS). Die verskil wat voorgekom het kan moontlik toegeskryf word aan die feit dat die MMS groep onder baie streng gekontroleerde omstandighede die navorsing voltooi het. Die mate waartoe die praktykgroep die RGOP benut het, kon moontlik deur interne faktore soos byvoorbeeld 'n tekort aan personeel, pasiëntladings, die verpleegsorgbehoeftes van pasiënte veroorsaak gewees het. Dit wil voorkom of die RGOP wat ontwikkel was met die doel om kennis in verband met onkologiese verpleegsorg te verbeter, wel effektief gebruik kan word. Na aanleiding van al die resultate, word egter aanbeveel dat rekenaargebaseerde onderrig nie in isolasie gebruik moet word om bepaalde vaardighede by studente te ontwikkel nie, maar deel van 'n saamgestelde onderrigpakket moet vorm.
(Health SA Gesondheid : interdisciplinary research journal: 2002 7(4): 80-97)