Main Article Content
A computer-based teaching programme (CBTP) developed for student nurses in an oncology clinical setting: research
Abstract
Die verpleegprofessie, soos ander professies, is daarop ingestel om studente vir die praktyk voor te berei, en aandag moet veral geskenk word aan studentverpleegkundiges se vermoë om hul bestaande kennis uit te brei en verpleegsorgprobleme effektief op te los. 'n Rekenaargebaseerde onderrigprogram (RGOP) vir die kliniese praktyk, om hierdie onderrigdoelwitte te bereik, word bespreek. Doelstellings met die rekenaargebaseerde onderrigprogram, hierna verwys as RGOP, was om 'n program te ontwikkel waar studentverpleegkundiges die verantwoordelikheid vir leer en die identifisering van leerbehoeftes aanvaar, asook die ontwikkeling van 'n diep benadering tot leer. Verder moes die RGOP ook in die kliniese praktyk gebruik kon word. 'n Omvattende literatuurstudie is gedoen om vas te stel hoe die bogenoemde doelstellings bereik kan word. Aspekte wat onder andere in ag geneem is, is die verskillende leerteorieë, leer, leerstyle, leerbenaderings, die gebruik van rekenaarstelsels in die verpleegprofessie, die aard daarvan, navorsingsbevindinge, redes waarom onderriginstansies rekenaargebaseerde onderrig implementeer, die voor en nadele, en fases in die ontwikkeling asook kriteria waaraan voldoen behoort te word. Om die inhoud van die RGOP saam te stel is onkologiese verpleegsorg gebruik. In die finale vorm bestaan die rekenaargebaseerde onderrigprogram onder andere uit vier kankertoestande en een-en-tagtig meerkeuse toets items om kennis te bevorder, en 'n gevallestudie om probleemoplossing te bevorder. Die outeur stelsel wat gekies is, het die koppeling van inligting moontlik gemaak. Koppeling van inligting was as belangrik beskou in die bevordering van 'n diep benadering tot leer.
(Health SA Gesondheid : interdisciplinary research journal: 2002 7(4): 70-79)