Main Article Content
The effectiveness of the Auditory Steady State Response in diagnosing hearing loss in infants: review
Abstract
Hierdie artikel poog om 'n oorsig te verskaf van die opkomende Ouditief Standhoudende Respons teenoor huidige prosedures wat gebruik word om gehoorverlies in babas en jong kinders te diagnoseer. Bepaling van die tipe, graad en konfigurasie van gehoorverlies in babas en jong kinders is 'n uitdaging wat gesofistikeerde elektrofisiologiese apparaat vereis waarvan Ouditief Ontlokte Response, en meer spesifiek die Ouditiewe Breinstam Respons, huidiglik die mees betroubare en algemene prosedure is. Hierdie tegnieke presenteer egter met duidelike beperkings. 'n Opkomende tegniek, die Ouditief Standhoudende Respons, beloof om baie van die huidige beperkings van Ouditief Ontlokte Response aan te spreek. Die Ouditief Standhoudende Respons vertoon die potensiaal om akkurate frekwensie spesifieke gehoordrempels oor die lae en hoë frekwensie spektrum te voorspel op 'n tydseffektiewe wyse. Akkurate diagnose van die grootte en konfigurasie van gehoorverlies dien as die eerste en primêre stap na effektiewe en verantwoordbare intervensie dienste vir gehoorgestremde kinders. Die Ouditief Standhoudende Respons benodig egter nog verdere kliniese validasie en behoort in kombinasie met die Ouditiewe Breinstam Respons gebruik te word. Dit sal verseker dat alle resultate geverifieer word en dat meer akkurate en betroubare diagnoses van gehoorverlies gemaak word.
(Health SA Gesondheid : interdisciplinary research journal: 2002 7(4): 47-56)