Main Article Content
The lived experience of patients on mechanical ventilation: research
Abstract
Pasiënte wat aan 'n meganiese ventilator gekoppel is, moet verskeie emosies en ervarings deurmaak, wat aan elke persoon uniek is. Hierdie pasiënte word onderwerp aan fisiese en emosionele stres wat verband hou met die onbekende omgewing van die intensiewesorgeenheid, asook die beperkinge wat die proses van ventilasie meebring. Faktore wat op die optimale funksionering van pasiënte inbreuk maak, sluit die volgende in: die onvermoë om effektief met andere te kommunikeer, vrees vir die ontwikkeling van totale afhanklikheid en die realiteit om van hul eie mortalitiet bewus te word. Die doel van hierdie navorsingstudie was om die belewenis van pasiënte wat aan die ventilator gekoppel was, te identifiseer, verken en te beskryf. Data is deur middel van fenomenologiese onderhoudvoering met respondente ingesamel. Na insameling van data is onderhoude verbatim getranskribeer. Data-analise is daarna volgens Tesch se metode, soos in Creswell (1994: 152) beskryf, uitgevoer. 'n Onafhanklike kodeerder het die geïdentifiseerde hooftemas geverifeer, naamlik: ervarings van pasiënte met betrekking tot die ventilasie proses, asook hulle ervarings van die omgewing terwyl hulle aan die ventilator gekoppel is. 'n Literatuurkontrole is gedoen om ooreenkomste en verskille in data uit te wys. Etiese beginsels is deurgaans in die studie gehandhaaf.
(Health SA Gesondheid : interdisciplinary research journal: 2002 7(4): 24-37)