Main Article Content
Emotional support for adolescents who opted for termination of pregnancy: research
Abstract
Die "; Wet op Keuse van Terminasie van Swangerskap"; (No. 92 van 1996) word deur meeste vroue gesien as 'n manier waarop daar vir die eerste keer in hul wense en verwagtinge voldoen word (Orr, 1995). Vroue kan nou wettiglik hulle swangerskap onder supervisie beëindig. Hulle kan ook nou hulle gevoelens uitdruk en deel sonder om voor te gee dat hulle emosioneel sterk is. In 'n navorsingsprojek uitgevoer deur Mpshe (2000: 30-50) is gevind dat vroue slegs berading op 'n kognitiewe vlak ontvang. Daar is vanuit hierdie navorsing riglyne gederiveer om vroue, insluitend adolessente op 'n meer emosionale vlak te ondersteun (Mpshe, Gmeiner & Van Wyk, 2002). 'n Kwalitatiewe, verkennende, beskrywende en kontekstuele navorsingstudie is gedoen om adolessente, wie gekies het om hul swangerskap te termineer, se ervaringe te identifiseer. Die data vanuit die onderhoude, sowel as die literatuur, het die basis gevorm vir die derivering van riglyne om hierdie adolessente te ondersteun op 'n meer emosionele vlak. Die fokus van hierdie artikel is die beskrywing van riglyne vir ondersteuning aan hierdie adolessente om sodoende hul geestesgesondheid te bevorder. Riglyne sluit 'n raamwerk vir ondersteunende berading in en bestaan uit 'n pre-terminasie fase, 'n terminasie fase en 'n post-terminasie fase. Hierdie riglyne word volledig in hierdie artikel bespreek.
(Health SA Gesondheid : interdisciplinary research journal: 2002 7(4): 14-23)