Main Article Content
Family murder in post-apartheid South Africa: reflections for mental health professionals
Abstract
In die laat 1980s het die opvatting ontstaan dat daar 'n noue verband bestaan tussen gesinsmoord en Afrikaansprekende gesinne wat met politieke veranderinge en onsekerheid gekonfronteer word. 'n Omvattende studie wat op dié stadium deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) uitgevoer was, het hierdie oorsimplistiese standpunt bevraagteken. 'n Komplekse wisselwerking tussen interpersoonlike en intrapsigiese faktore, as 'n refleksie van 'n verskynsel wat onder alle bevolkingsgroepe voorkom, is as alternatief voorgestel. Onlangse gevalle van gesinsmoord wat in die media geraporteer is, het opnuut ernstige vrae oor moontlike etiologiese verklarings vir hierdie verskynsel in post-apartheid Suid-Afrika na vore gebring. Die skrywer neem in hierdie artikel opnuut die oorspronklike RGN-bevindinge in oënskou, terwyl sosiale en sielkundige faktore in post-apartheid Suid-Afrika, wat ook 'n impak hierop kan hê, ondersoek word. 'n Sosiaal-konstruksionistiese perspektief is as teoretiese raamwerk vir 'n beter begrip van die breër konteks van hierdie tipe geweld gebruik. Ten slotte word moontlike intervensies voorgestel wat verder as simplistiese verklarings kyk, en eerder op die sosiale verantwoordelikeheid van geestesgesondheidswerkers fokus.
Key words: Family murder, Family violence, Violent crime, Mental health care, Psychological services
(Health SA Gesondheid: 2003 8(2): 83-91)