Main Article Content
The attitudes of nurses towards HIV positive patients
Abstract
VIGS neem drasties toe in Suid-Afrika. Geregistreerde verpleegkundiges het gevolglik meer gereelde kontak met MIV-positiewe pasiënte. Gedurende hierdie kontak word verpleegkundiges se optrede beïnvloed deur hulle houdings. Negatiewe houdings mag die kwaliteit van verpleging beïnvloed. In die lig hiervan, was daar in die navorsing gepoog om die houdings van verpleegkundiges teenoor MIV-positiewe pasiënte te bepaal en om riglyne daar te stel wat potensiële houdingsveranderinge by die verpleegkundiges teweeg sal bring en sodoende die kwaliteit van verpleging van MIV-positiewe persone te verbeter. 'n Kwalitatiewe ontwerp is gebruik. 'n Onderhoudskedule is na 'n literatuurstudie van die konstruk-houding, die komponente van houdings, verskille tussen waardes en houdings, die doel van houdings en die wyse waarop houdings verander kan word, saamgestel. Verpleegkundiges is deur middel van 'n doelgerigte, vrywillige steekproef as deelnemers geïdentifiseer. Semigestruktureerde onderhoude is daarna gevoer. Die onderhoude is woordeliks getranskribeer. Die navorser en 'n mede-kodeerder het die data geanaliseer volgens 'n kombinasie van Kerlinger en Giorgi se metodes van kodering. Konsensus oor die kategorieë in die data was bereik na gesprek met die mede-kodeerder. Dit blyk dat die houdings van verpleegkundiges teenoor MIV-positiewe pasiënte oorwegend negatief is. Daar bestaan konflik tussen die persoonlike en professionele waardesisteme van die verpleegkundiges. Die verdedigings- en hanteringsmeganismes van verpleegkundiges om die gevolglike interne ongemak te verminder, belemmer die opbou van 'n terapeutiese verhouding tussen hulle en MIV-positiewe pasiënte. Verpleegkundiges handhaaf 'n eensydige siening van die risiko om MIV-positief te raak deur slegs die moontlikheid van infektering deur hulle werk te oorweeg. Hierdie gevolgtrekkings het gelei tot die stel van algemene en spesifieke riglyne om houdingsverandering by verpleegkundiges teweeg te bring.
Key words: Attitudes, Nursing, Nurse, Human Immune Deficiency Virus, HIV, Acquired Immune Deficiency Syndrome, AIDS
(Health SA Gesondheid: 2003 8(2): 23-33)