Main Article Content
Health care-seeking behaviour for child illnesses among rural mothers in South Africa: a pilot study
Abstract
Die doel van die navorsing was om moeders met siek kinders se gesondheidsgedrag na te vors. Die fokus was op die moeders se pogings om mediese hulp vir hul kinders te bekom. Die kinders in die steekproef was onder die ouderdom van vyf jaar en van 'n plattelandse gemeenskap in die Limpopo Provinsie van Suid-Afrika. Die kinders het simptome van algemene kindersiektes soos diarree, koors, hoes en wurms getoon. Die steekproef het bestaan uit 100 moeders wat van die kliniekdienste gebruik maak. Die resultate dui aan dat die simptome wat meestal gerapporteer word diarree (91%), koors (95%) en wurms (25 %) is. Die oorgrote meerderheid van die moeders het hul kinders na die klinieke geneem vir koors (68%), hoes (79%), wurms (11%) en diarree (50%). Die tweede keuse vir gesondheidsorg was selfversorging: vir diarree (20%), en koors (13%). 'n Privaatpraktisyn is geraadpleeg vir hoes (11%), en vir wurms (8%) is medikasie by die apteek verkry. Die meeste moeders (76%) het tuismedisyne gebruik vir die behandeling van diarree en die meeste het moderne medisyne gebruik vir die behandeling van koors (91%), hoes (98%) en wurms (22%). Van die moeders in die ouderdomsgroep van 31-49 jaar het 52.9 % kinders aan die dood afgestaan gevolg deur die groep van 15 -19 jaar (13.3 %) en die groep van 20-30 jaar (9.8 %).
Key words: Health care-seeking behaviour, Common childhood illness, Dead child, Rural community, South Africa
Health SA Gesondheid: 2003 8(2): 3-13)