Main Article Content
The application of various chemicals to cuts made in the stem bases of Brachystegia spiciformis (Benth.) Troupin and Terminalia sericea Burch. ex DC
Abstract
Picloram-kalium en verskillende mengsels met picloram met 2,4-D amien, 2,4,5-T ester of amien, of 2,4,5-T ester alleenlik is in snitte wat in die kambium van Brachystegia spiciformis en Julbernardia globiflora bome gemaak is, ingespuit. Elke boomonkruiddoder is teen 'n reeks van toedieningsvlakke op verskillende tye van die jaar en op drie verskillende persele vir elke spesie, getoets. Picloram-kalium en 2,4,5-T ester is ook op Terminalia sericea bome getoets. Glyphosphate, MCPA, mengsel van mecoprop en 2,4,5-T amien en verskeie mengsels van 2,4-D ester met 2,4,5-T ester, cacodylic suur en Tandex is op B. spiciformis end J. globoflora bome op een perseel en slegs in Januarie, getoets. Boomonkruiddoder me tpicloram, sonder of met addisionele 2,4-D of 2,4,5-T, was die mees doeltreffende chemikalië vir die beheer van bome gewees. Hoër toedieningsvlakke was nodig om B. spiciformis en J. globiflora tussen Mei en Oktober, wanneer hulle nie in 'n aktiewe groeifase is nie, te dood. T. sericea bome was gevoelig vir boomonkruiddoder dwarsdeur die jaar. Die reaksie van alleenstaande bome op behandeling met boomonkruiddoder is verwant aan boomgrootte.
Keywords: arboricides, bush control, cacodylic acid, glyphosphate, mecoprop, MCPA, picloram, stem injection, Tandex, 2,4-D, 2,4,5-T
Journal of the Grassland Society of southern Africa 7(2):116–124