Main Article Content
Die ontwikkeling van 'n groeiende bevrydingsbediening: 'n literatuuroorsig veral met verwysing na invloedryke persone en kerklike tradisies: research
Abstract
Die onlangse ontwikkelinge betreffende die kerk se diens van bevryding van bose magte word ondersoek met spesifieke verwysing na invloedryke persone en beskikbare literatuur. Daar word veral klem gel๊ op die periode van die vyftiger- tot tagtigerjare van die vorige eeu. Dit blyk dat die nuwe belangstelling wat hierdie bediening geniet, ongeveer op dieselfde tyd in verskillende w๊relddele ontstaan het. Verskillende individue het onafhanklik van mekaar, as gevolg van ervaring en of studie hierby betrokke geraak. Die gegewens dui daarop dat hierdie bediening in die meeste kerklike denominasies sowel as deur sommige medici en ander professionele verwante gesondheidsvakkundiges beoefen word. Die noodsaaklikheid daarvan om die resultaat van die ondersoek in teorievorming te benut, word aangedui.
(Acta Theologica, 21 (1), 2001: 180-197)