Main Article Content
The Afrikaans Bible translations and apartheid: research
Abstract
'n Vergelyking van aanhalings in die dokument oor volkereverhoudinge in die lig van die Skrif met die Hebreeuse en Griekse bronteks verskaf veelseggende getuienis van die feit dat die aard van die eerste Afrikaanse vertaling en sy hersiening as 'n bronteks-geori๋nteerde vertaling die regverdiging van apartheid bevorder het. In hierdie vertaling is die strategie van intensifisering / eksplisering van die die brontekste in die meeste gevalle toegepas. Die gevolg is dat die apartheidswoordeskat vooropgestel word. Die tweede vertaling van die Afrikaanse Bybel het pari passu met 'n meegaande sosiale geregtigheidsbewussyn onder Afrikaners gepaard gegaan. Die vertaling as 'n doelteks-geori๋nteerde vertaling, benut die nuwe versoeningswoordeskat soos duidelik blyk uit die aanhalings in die dokument oor kerk en samelewing. Die strategie๋ soos substitusie, veralgemening, delesie en parafrase word toegepas. Die apartheidswoordeskat word op die agtergrond geplaas. Die versoeningswoordeskat het bygedra tot die morele ondersteunig van die Afrikaner om aan die nuwe bestel toe te gee.
(Acta Theologica, 21 (1), 2001: 106-123)