Main Article Content
The Great Trek as exodus in J.D. Kestell's and N. Hofmeyr's De voortrekkers of Het Dagboek van Izak van der Merwe
Abstract
Voor die einde van die negentiende eeu en selfs daarna was die Groot Trek van die agtiendertiger en -veertiger jare 'n herhaaldelike tema in historiese romans. In talle van die romans wat in Nederlands en Afrikaans geskryf is, en in 'n mindere mate ook die wat in Engels verskyn het, is die dapperheid van die Voortrekkers beklemtoon. Saam met die heldhaftige beeld was nog 'n prominente tema die identifikasie van die Voortrekkers met die Israeliete van die Ou Testament. Die hoogtepunt van die tema is in De Voortrekkers of Het Dagboek van Izak van der Merwe bereik, waarin die skrywers, John Daniel Kestell en Nico Hofmeyr, altwee N.G.-predikante, die Groot Trek as 'n latere Eksodus beskou het.
Keywords: South African history, Voortrekkers, Great Trek, J. D. Kestell, N. Hofmeyr, Exodus, Suid-Afrikaanse geskiedenis, Groot Trek, Eksodus
Acta Theologica Vol.22(1) 2003: 54-70