Main Article Content

'n Tegniek vir die identifisering van mense se konsepte van God


F.J. Van Jaarsveld
J. Janse van Rensburg

Abstract

Man's concepts of God occupy an important place in pastoral counselling.

However, the identification of concepts of God is complex. Various efforts are reported. In this article an adjusted form of the repertory grid is discussed as a technique for the identification of man's concepts of God. Empirical research about concepts of God by means of an adjusted form of the repertory grid is reported. This includes the development and evaluation of a category system for the interpretation of personal constructs regarding concepts of God. The results of the empirical research prove the suitability of the adjusted form of the repertory grid for the identification of concepts of God both in individuals and tendencies among groups of individuals.



Die konsepte wat mense van God huldig neem 'n belangrike plek in gedurende pastorale gesprekvoering. Die identifisering van Godskonsepte is egter 'n komplekse saak. Verskeie pogings is reeds aangewend in hierdie verband. In hierdie artikel word 'n aangepaste vorm van die repertoirerooster bespreek as 'n tegniek om mense se Godskonsepte relatief akkuraat en vry van waarnemervooroordeel te bepaal. In 'n literatuurondersoek word die persoonlikekonstruk-teorie en die repertoirerooster bespreek. 'n Empiriese ondersoek na mense se Godskonsepte deur middel van 'n aangepaste vorm van die repertoirerooster word gerapporteer. Dit sluit in die ontwikkeling en evaluering van 'n kategoriestelsel vir die interpretasie van persoonlike konstrukte rakende Godskonsepte. Die resultate wat met die empiriese ondersoek verkry is, toon dat die aangepaste repertoirerooster-tegniek geskik is vir die identifisering van sowel enkel-individue se Godskonsepte as om tendense by groepe individue te bepaal.


(Acta Theologica: 2002 22(2): 198-218)

Journal Identifiers


eISSN: 2309-9089
print ISSN: 1015-8758