Main Article Content
Die teologiese en morele regverdiging van Apartheid en ’n "status confessionis"
Abstract
Beide die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke (WBGK) en die — op daardie stadium — Gereformeerde Ekumeniese Sinode (GES) het eventueel verklaar dat die teologiese en morele regverdiging van apartheid ’n status confessionis daarstel. Veral die Afrikaanse gereformeerde kerke sou in dié verband onder skoot kom. Die vrae wat hierdie stuk vra is: Wanneer bereik die kerk die punt waar hy ’n status confessionis verklaar? Hoe het die WBGK en die GES hierdie saak hanteer en was daar verskille in hulle benadering wat na verskille in hulle karakter as ekumeniese liggame teruggevoer kan word? Die gevolgtrekking is dat die WBGK sekere anti-apartheidstemme in die jonger NG Kerke onkrities nagevolg het, terwyl die GES ’n meer selfstandige houding geopenbaar het. Die WBGK het ook nie apartheid gedefinieer nie, wat sake vir verdere gesprek met die NGK bemoeilik het. Beide vertoon egter tekens dat hulle ernstig probeer het om aan die vereistes vir ’n status confessionis te voldoen.