Main Article Content

Die verwerkliking van die geloof in die kerklike kategese: basisteoretiese perspektiewe


C.J.H Venter
C.N van der Merwe

Abstract

Tersaaklike vakliteratuur en empiriese ondersoeke toon dat verbondskinders se verhouding met God dikwels stagneer nadat hulle belydenis van geloof afgelê het. Ook skyn dit asof hierdie kinders dikwels nie ontwikkel tot die belewing van hulle geloof nie. Volgens empiriese data en menings wat uitgespreek word in tersaaklike vakliteratuur kom dit voor asof die onderrig in kerklike kategese hoofsaaklik objektief met die Bybel omgaan en dat verbondskinders nie genoegsaam begelei word tot ’n subjektiewe belewing van hulle geloof nie. Dogmaties benadruk hierdie artikel die verhouding tussen die objektiewe ontvang van die heil (fides quae creditur) en die subjektiewe toe-eiening en uitlewing van die heil (fides qua creditur). Die genade van God impliseer nie dat verbondskinders passiewe mense word nie. Inteendeel, die verbondsbeloftes en -eise vra ’n aktiewe benadering van geloof en die ondervind van die volle reikwydte van God se genadeverbond. In die proses van kategetiese onderrigleer moet verbondskinders op ’n aktiewe wyse begelei word om God se genade deelagtig te word. Verbondskinders word immers deur die doop vermaan en verplig tot ’n nuwe gehoorsaamheid. God gebruik ook die kerklike kategese as middel om verbondskinders deur die werking van Gees en Woord tot heilstoe-eiening te lei. Die “beloof” van God roep om “geloof”. Belydenis moet uitloop op belewenis en verwerkliking.

Journal Identifiers


eISSN: 2309-9089
print ISSN: 1015-8758