Main Article Content

Isivivane, Freedom Park: A critical analysis of the relationship between commemoration, meaning and landscape design in post-apartheid South Africa


Graham Young
Piet Vosloo

Abstract

At the dawn of democracy in 1994, the nation was seeking a new identity and for many South Africans it was to be an identity based on  their African culture and tradition. Politicians were seeking ways to commemorate those who had lost their lives in conflicts leading up to the first democratic elections when the African National Congress (ANC) came into power. In attempting to achieve this, the Department of Arts and Culture initiated several legacy and heritage projects, including the Isivivane, a memorial place at Freedom Park in the City of Tshwane. This article determines the effectiveness of landscape design in communicating the intent and meaning of commemorative places in a multicultural postapartheid society. In this article, the Isivivane is presented as a case study and the  research survey has been used to gauge the visitors’ experience and perception of the Isivivane. Based on the results of a quantitative questionnaire, underpinned by theories rooted in phenomenological interpretationand landscape narrative, the article confirms that  peoples’ experience and perception of the Isivivane are influenced by its design and that its landscape features are significant in evoking a response that enabled visitors to identify with the place and assign individual and collective meaning to it. The argument is supported by current theories of commemoration and meaning derived through landscape design. The implications of the study are useful and can potentially open doors for further studies that delve deeper into an understanding of the contribution that landscape design makes in the conceptualisation of commemorative places in a pluralistic and politically charged South Africa.


Keywords: Landscape design, memorials, commemoration, Freedom Park, postapartheid South Africa, Isivivane



Met die aanvang van demokrasie in 1994, het die volk gestreef na ’n nuwe identiteit en vir baie moes dit ’n identiteit wees gebaseer op  hul Afrika-kultuur en -tradisies. Politici het ook maniere gesoek om die te herdenk wat hul lewens tydens konflikte in die aanloop tot die eerste demokratiese verkiesings, waarna die ANC aan bewind gekom het, verloor het. In die strewe om dit te bereik, het die  Departement van Kuns en Kultuur verskeie nalatenskap- en erfenisprojekte geïnisieer, insluitend die Isivivane, ’n gedenkteken by Freedom Park in die Stad Tshwane. Die doel van hierdie artikel is om die effektiwiteit van landskapontwerp te bepaal om die bedoeling en betekenis van sulke herdenkingsplekke in ’n multikulturele, post-apartheid Suid-Afrikaanse samelewing oor te dra. In die artikel word die Isivivane aangebied as ’n gevallestudie en ’n empiriese data-opname is gebruik om die besoekers se ervarings en persepsies
van Isivivane te bepaal. Gebaseer op die bevindings van die studie bestaande uit ’n kwantitatiewe vraelys, ondersteun deur teorieë  gewortel in fenomenologiese vertolking en landskapnarratiewe, bevestig die artikel dat mense se ervaring en persepsie van die Isivivane beïnvloed word deur die ontwerp en kenmerke van die landskap en dat laasgenoemde betekenisvol is by die ontlokking van ’n reaksie wat besoekers met die plek laat identifiseer en individuele en kollektiewe betekenis daaraan laat toeken. Die argument word ondersteun deur huidige teorieë oor herdenking en betekenis wat afgelei kan word deur landskapontwerp. Die implikasies van die  studie is nuttig en kan moontlik deure oopmaak vir verdere studies wat dieper delf in ’n begrip van die bydrae wat landskapontwerp lewer in die konseptualisering van herdenkingsplekke in ’n pluralistiese en politiesgelaaide Suid-Afrika.


Sleutelwoorde: Landskapontwerp, gedenktekens, herdenking, Freedom Park, postapartheid Suid-Afrika, Isivivane


Journal Identifiers


eISSN: 2415-0487
print ISSN: 1023-0564